Spaanse Inkwisisie

Pedro Berruguete: Sint-Dominicus kyk oor 'n ketterhofsaak (auto da fe) (1475). Kunstenaars voorstellings wys normaalweg marteling en verbranding tydens die auto da fe.

Die Spaanse Inkwisisie was 'n instituut wat in 1478 deur die Reyes Católicos van Spanje gestig is om Katolieke Ortodoksie gedurende hul heerskappy te handhaaf. Dit was onder direkte leiding van die Spaanse monargie. Dit word eers in 1834 tydens die heerskappy van Isabella II afgeskaf. As gevolg van die geheimsinnigheid rondom die Inkwisisie Howe, die “skouspelagtige” verbranding van bekende mense en Protestantse propaganda uit Nederland en Engeland, is die aantal slagoffers van die Inkwisisie sterk oorskat en vorm dit 'n belangrike deel van die donker legende.

In beginsel het die Inkwisisie, as 'n hof van die kanonieke reg, slegs beheer oor gedoopte Christene. In die geskiedenis van die Inkwisisie is die jurisdiksie egter uitgebrei tot byna alle onderdane van die koning van Spanje.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search